Wes-Rand-streek_wit

WES-RAND STREEK

Wes-Rand en Vaaldriehoek Streek_Blou_web-01

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK STREEK

Wes-Rand_streek__ (1)

Die Solidariteit Helpende Hand Wes-Rand-streek is in die westelike deel van Gauteng, bekend vir sy myngeskiedenis, groeiende gemeenskappe en 'n mengsel van stedelike en semilandelike leefareas. Buiten mynbou is daar ook landbou, nywerhede en ander dienste wat die ekonomie ondersteun.

Helpende Hand Wes-Rand-streek se doel is om die gemeenskappe deur middel van opvoeding, opleiding en gemeenskapsontwikkeling op te hef en by te staan. Ons fokus op kinders, studente, ouer persone, persone met gestremdhede en gesinne.

Die personeel bestaan uit:

Mariette Hartley – Streeksorganiseerder;
Louise Zitzke – Maatskaplike werker; en
Maryke Ackerman – Streeks- administratiewe beampte

Netwerking en die bou van verhoudings is vir ons as personeel belangrik en daarom vat ons hande met organisasies, instansies, skole, kerke en besighede aan die Wes-Rand. Die doel is om idees, inligting, hulpbronne en geleenthede met mekaar te deel. Dit help om samewerking te bevorder en mekaar te ondersteun.

Jy kan Helpende Hand aan die Wes-Rand ondersteun of betrokke raak by ons projekte.

Vrywilligers is die hartklop van die streek en dit is hier waar gemeenskapskrag se impak duidelik sigbaar is. Sterk takke en vrywilligers staan hul medemens, instansies en organisasies by en bou saam aan 'n sterker gemeenskap. Skakel in by jou naaste Helpende Hand-tak. Ons het tans vier aktiewe takke aan die Wes-Rand: Carletonville, Fochville, Krugersdorp en Roodepoort. Die takke bied goeie, volhoubare programme en projekte in die gemeenskap aan. So maak mense met omgeeharte 'n verskil in jou onmiddellike omgewing.

Ondersteun Helpende Hand finansieel met 'n debietorder van R50 per maand of R600 per jaar. Finansiële ondersteuning stel ons in staat om die nodige projekte en programme aan te bied waar behoeftes in die gemeenskappe geïdentifiseer is.

Maak 'n skenking aan enige van die vier Helpende Hand Ons Winkels aan die Wes-Rand. Die skenkings word verkoop en die fondse word gebruik vir projekte en om die Helpende Hand Studietrust te ondersteun. Dit is ook 'n goeie werkskeppingsprojek.

Die Ons Plek-naskoolsentrum in Roodepoort bied aan kinders die geleentheid om hulle potensiaal te ontgin en 'n goeie skoolloopbaan te verseker. Die kinders verdien dit om te kan droom, groei, slaag en ontwikkel. Die personeel en vrywilligers se liefde vir die kinders is tasbaar. Ondersteun ons finansieel en dra by tot 'n kind se ontwikkeling.

Dra finansieel by tot die Helpende Hand Studietrust. Studente wat fondse benodig om na skool verder te studeer, kan by die Studietrust aansoek doen vir 'n rentevrye studielening. Hulle begin hulle lening terugbetaal nadat hulle afgestudeer het en hulle terugbetalings finansier weer die volgende student se rentevrye studielening.

Ontmoet ons personeel

Wes-Rand streek foto 3

Mariëtte Hartley

Streeksorganiseerder
[email protected]

061 821 4093
Wes-Rand streek foto 2

Louise Uys

Maatskaplike werker
[email protected]

069 044 2177
Wes-Rand streek foto 1

Maryke Ackerman

Streeks-Administratiewe Beampte
[email protected]

082 620 8378

Nuus vanuit ons streek

Hoop in eenvoud

Dané Kotze, Streeks- Maatskaplike Werker: Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap-streek Die konsep van hoop is so groot dat elke mens dit anders sien en dit op verskeie maniere definieer. Soos ek vroeër in die jaar al aangedui het, laat die woord “hoop” my dink aan die liedjie van Jo Black “Bring die hoop weer terug”. In…
Read More

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1