
Helpende Hand Wes-Rand & Vaaldriehoek streek se doel en missie is om sy gemeenskappe op te hef en by te staan dmv Gemeenskapsontwikkeling en opleiding. Hier fokus ons sterk op ons kinders, jeug, ouer persone, persone met gestremdhede en die gesin as basis. Die Streekorganiseerder, Mariëtte van de Werken en haar span, wat bestaan uit Maatskaplike Werker, Mariëtte Hartley en Kliëntediens-beampte Bionita Mienie.
Netwerke bou is vir die streek belangrik. Ons vat hande met organisasies, instansies, skole, kerke ens. Deur netwerk skakelings kan ʼn sterk grondslag daar gestel word waarop ʼn gesonde gemeenskap gebou kan word.
Met ʼn dinamiese streekspan word Wes-Rand & Vaaldriehoek op die volgende vlakke uitgebou. Ons het 11 takke regoor die streek waar vrywilligers in hul eie gemeenskappe groot verskille teweeg bring. Ons vrywilligers is die hartklop van die streek en dit is hier waar gemeenskapskrag se impak duidelik sigbaar is. Sterk takke en vrywilligers staan hul medemens, instansie of organisasie by en bou elkeen saam aan ʼn beter gemeenskap.
Die streek spog ook met 7 Ons Winkels waar skenkings uit die gemeenskap omgesit word in fondse om projekte moontlik te maak en studiefondse daar te stel. Deur die Ons Winkel inisiatief het talle jong mense reeds gaan studeer en skep dit die geleentheid vir talle meer. So ook vir die werknemers in die Ons Winkels besef van die impak wat Helpende Hand in sy gemeenskap het.
Ons Plek Horison is ʼn Naskool Sentrum wat gevestig is in Roodepoort. Hier word aan kinders die geleentheid gebied om hulle potensiaal te ontgin om ʼn goeie skoolloopbaan te verseker. Ons Plek Horison word deur Ivana Meyer bestuur. Hulle liefde vir die kinders is tasbaar en daarom lê die Ons Plek Horison se kinders en personeel ons na aan die hart.
Ontmoet ons personeel




Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel
